Het jy gehoor?

Justin Bieber stel sy eie naellakreeks bekend

Hierdie seisoen sal jy elke dag ‘n bietjie van Justin Bieber op jou naels kan dra. Die knaap het sy eie naellakreeks bekendgestel. Die reeks word One Less Lonely Girl genoem en is deur sy grootste treffers geïnspireer.

 

Volgens MTV het Justin en Nicole by OPI talente saamgespan om die reeks saam te stel en sal dit binnekort in Walmart-winkels in Amerika te koop wees.

 

Van die kleure is:

  • One Less Lonely Glitter – lavender,
  • Prized Possession Purple – druiwe pers,
  • Give Me the First Dance – silwer,
  • Me + Blue – donker blou,
  • OMB! – helder rooi, en
  • Step 2 the Beat of My Heart – glitter in hartvormpies

Dié eerste ses kleure sal van Desember beskikbaar wees en in Januarie sal daar nóg agt bekend gestel word.

 

Maar dis nie al nie: Kyk uit vir Justin se eerste boek, Justin Bieber: First Step 2 Forever: My Story. Verder sal daar einde Oktober ook Halloween-kostuums te koop wees en in Desember sal sy eie speelgoedreeks (met onder andere ‘n pop wat presies soos hy lyk) te koop wees. Verder beplan hy om vroeg volgende jaar ‘n 3D-konsertfliek vry te stel.

 

Van die eerste kleure wat beskikbaar gaan wees:

One Less Lonely Girl naellak

 

Justin se speelgoed wat presies soos hy lyk:

Justin Bieber-speelgoed