landscape-1428433183-capture-decran-2015-04-07-a-025918-pm
Het jy gehoor?

Is jy pragtig of gemiddeld?

Dove het vroue met dié vraag gekonfronteer in hul jongste veldtog genaamd #ChooseBeautiful, berig InStyle. Die boodskap wat hulle hierdeur wil uitstuur, is dat vroue moet goed voel oor hulself ten spyte van die samelewing se verwagtinge van wat mooi is, én om die feit dat vroue ’n keuse het om mooi te wees uit te lig. 

Dove het by geboue regoor die wêreld met twee ingange langs mekaar die woord beautiful bo die een ingang en die woord average bo die ander ingang geplaas. Vroue het dan die keuse om te besluit by watter ingang sy wil instap; is sy pragtig of gemiddeld?

Dit is opmerklik dat die meeste vroue eers ’n oomblik neem om te besluit waar sy haarself sien.

Is die manier waarop jy jouself sien in lyn met hoe die res van die wêreld jou sien?

Dove se #ChooseBeautiful-veldtog is beslis ’n inspirasie om die besluit te neem om mooi te wees, nee, pragtig te wees – wie weet wat lê voor aan die ander kant van daardie deur?

 

Kyk hier na die advertensie: