FOTO: Instagram (@dgbeauty)

Het jy gehoor?

Kan jy raai watter parfuum is die gewildste?

Omdat reuksensasie, geheue en emosie so sterk verbind is in die mens se brein, kan die geur van parfuum en sekere parfuumnote jou sintuie stimuleer, vergete herinneringe na die oppervlak bring en jou terugvoer na ’n gelukkige oomblik in jou lewe. Daar is jaarliks ’n magdom nuwe geure om van te kies, tog bly die topverkoper een wat reeds 16 jaar gelede bekend gestel is. Kan jy raai wat dit is?

Volgens data van verkope by die aanlynwinkel FragranceNet.com, wat meer as 17 000 verskillende geure aanhou, is die gewildste vroueparfuum in die VSA die ikoniese Dolce & Gabbana Light Blue-geur, berig die tydskrif New Beauty aanlyn. Die tweede gewildste geur is ook ’n ou bekende: Calvin Klein se Eternity.

Ons kan verstaan waarom vroue so lief is vir Dolce & Gabbana Light Blue (R1 212 vir 100 ml EDT). Dié sprankelende, vrugtige blomgeur is reeds in 2001 bekend gestel en spog met topnote van suurlemoen en appel, ’n hart van jasmyn en wit rose en ’n vars dog sensuele basis van sederhout en muskus. Net een spuitjie voer jou weg na luilekker dae op ’n Mediterreense strand. Vir die Italiaanse ontwerpers was die Sisiliaanse kus waar hulle grootgeword het, die inspirasie agter die geur.

Die nuutste weergawe is Dolce & Gabbana Light Blue Eau Intense (R1 625 vir 100 ml EDP).

Calvin Klein Eternity (R1 188 vir 100 ml EDP) is al byna 30 jaar oud en bevat blomnote soos lelie, freesia, rose en angelier. Die supermodel Christy Turlington is al jare die gesig van dié tydlose geur.

25 years since the launch of #Eternity @calvinklein Still a child, Always a Mother…@everymomcounts

A post shared by Christy Turlington Burns (@cturlington) on

Hoe kies jy die regte parfuum?

Kies ’n paar geure op die rak waarvan jy die meeste hou, spuit elkeen op ’n kaartjie wat jy by die parfuumtoonbank kry en kies dan jou twee gunstelinge, stel Tammy Frazer, parfumeur van Kaapstad en eienaar van Frazer Parfum, voor. Spuit dan hierdie twee parfuums op elke pols, wag ’n paar uur en ruik hoe die geur ontwikkel het. Kies dan die parfuum waarvan jy die meeste hou. Omdat ’n geur verskillend ruik aan verskillende vroue, is dit ’n unieke “bykomstigheid”.

Bronne: www.newbeauty.com, www.goodhousekeeping.com

Lees nou

Beklemtoon jou sproete – dis mode!

5 truuks vir parfuum wat heeldag hou