FOTO: Elmari de Vos

Het jy gehoor?

Kardashian Beauty nou in SA!

Die Kardashian-susters se grimering is nou in Suid-Afrika beskikbaar by Stuttafords-winkels!

Kim, Khloé en Kourtney, wat bekend is vir hul vleklose vel en glansryke oë, se grimeerreeks bestaan uit onder meer verbronser, ooggrimering, lipprodukte en vals oogwimpers.

Die drie susters se doel met die reeks is om grimering van dieselfde gehalte as luukse-produkte na gewone mense bring.

Kardashian Beauty-grimeertoonbanke by Stuttafords in Sandton City. FOTO: Elmari de Vos

Kardashian Beauty-grimeertoonbank by Stuttafords in Sandton City.
FOTO: Elmari de Vos

Die werklikheidsterre is baie opgewonde oor die bekendstelling van Kardashian Beauty in Suid-Afrika en het al selfs daaroor getwiet!

khloe tweetkim tweetDit lyk of die reeks baie gewild gaan wees. Kardashian Beauty SA het reeds byna 4 000 volgelinge op Facebook! Bekendes soos Chiano Sky, Dunay Nortjé, Nadia Beukes en Corlea Botha het almal die bekendstelling van Kardashian Beauty by Stuttafords in Sandton City bygewoon.

Lipglans vir elke dag van die week. FOTO: Elmari de Vos

Lipglans vir elke dag van die week.
FOTO: Elmari de Vos

Wie is jóú gunsteling-Kardashian?

*Pryse wissel tussen R152 en R352 by uitsoektakke van Stuttafords.