FOTO: Instagram (@kourtneykardash)

FOTO: Instagram (@kourtneykardash)

Het jy gehoor?

Kardashian-haarprodukreeks van vandag af in SA!

Blink, gladgestrykte hare soos Kim, deurmekaar krulle soos Khloé of Kourtney se ou-Hollywoodse golwe? Nou kan jy ook die bekende Kardashian-susters se ikoniese haarstyle skep danksy hul Kardashian Beauty-haarprodukreeks wat van vandag af aanlyn in SA te koop is.

Bekende ‘photobombs’ wat jy móét sien

Saam met Farouk Systems, Inc., ’n Amerikaanse maatskappy wat haarprodukte vervaardig en versprei, het die bekende TV-stere en susters Kim, Kourtney en Khloé Kardashian vroeër vanjaar dié haarreeks bekend gestel met die doel om produkte van goeie gehalte teen ’n bekostigbare prys aan aanhangers te bied.

“Ons het Kardashian Beauty sorgvuldig ontwikkel met ons aanhangers se behoeftes in gedagte, asook ons eie haarsorgroetines en behoeftes,” het die susters in ’n persverklaring gese.

our #kbeautyhair ad is in @cosmopolitan’s April 2015 issue! #cosmopolitan #KardashianBeautyHair

A photo posted by Kardashian Beauty Hair (@kbeautyhair) on

Skep só kontoere op jou gesig nes Kim Kardashian

Die reeks bestaan uit verskeie haarstileringsprodukte soos ’n haarolie en -jel, droë sjampoe en haarsproei, asook stileertoestelle en bykomstighede soos ’n haardroër, stileerysters en haarborsels waarmee aanhangers dié susters se ikoniese haarstyle kan skep – van gemalik tot rooitapyt-gereed.

Kardashian Beauty Hair-reeks is van vandag af aanlyn in SA beskikbaar by www.glamit.co.za. Pryse wissel van R75 tot R2 895. Volg ook die hutsmerk #KardashiansSA vir meer inligting.

FOTO: Instagram (@glamitsa)

FOTO: Instagram (@glamitsa)

Kim deel haar haarsorggeheim…

Kim het verlede jaar in ’n onderhoud met Woman’s Wear Daily haar weeklikse haarsorgroetine verklap: “Ek begin die eerste dag met skoon, drooggeblaasde hare. Die tweede dag wend ek droë sjampoe aan wat tekstuur aan my hare gee. Dan, op die derde dag, stryk ek my hare glad met ’n stileeryster, en op die vierde dag wend ek droë olie aan en stileer my hare in ’n poniestert of bolla. Dis my haarplan, en dan begin ek weer van voor af.”

In dié 22 lande kan jy nog met SA rande vakansie hou…