FOTO: Instagram (@khloekardashian)

FOTO: Instagram (@khloekardashian)

Het jy gehoor?

Kardashian-susters mal oor dié SA produk

Kan dit wees? ’n Gewilde SA olie is een van die Kardashian-susters se gunsteling-produkte! Ten spyte van die miljoene skoonheidsprodukte tot hul beskikking, het Kourtney, Kim en Khloé al onthul dat hulle graag die bekostigbare (en trots SA) olie Bio-Oil daagliks in hul velsorgroetine gebruik.

Net verlede week het die jongste van die susters, Khloé, op haar app onthul dat dié voedende olie haar geheim teen veroudering is. Sy smeer dit elke aand voordat sy gaan slaap dik aan haar gesig. Kourtney en Kim is net so mal oor Bio-Oil. Omdat dit so bekostigbaar is, hou Kim daarvan om dit oor haar hele lyf aan te wend om rekmerke te voorkom, berig Hello! aanlyn. Kourtney het ook al aan die Amerikaanse tydskrif Allure vertel dat sy graag Bio-Oil rondom haar oë aanwend, pleks van ’n oogroom, om fyn lyntjies en plooie te voorkom.

Die strelende formule van Bio-Oil (R73 vir 60 ml) bevat ’n mengsel van vier plantolies, asook twee kragtige antioksidante: vitamien A en E. Buiten intense bevogtiging herstel die olie skade aan jou vel se natuurlike lipiedlaag. Dit kan aan jou lyf, gesig, naelkutikels en selfs jou kopvel, in die geval van haarverlies, aangewend word.

Bio-oil

Bio-oil

Het jy geweet?

Die Kardashian-susters se eie reeks haarsorg en -stileringsprodukte is vanaf September ook beskikbaar by uitsoekwinkels van Foschini! Die Kardashian Beauty Hair-reeks bevat ’n verskeidenheid van produkte, onder meer sjampoe, opknapper, droë olie, haarsproei én selfs toestelle soos haarborsels en haarysters. Pryse vanaf R175. Besoek www.glamit.co.za.

Beauties! @whitleyam #kardashianbeauty

A photo posted by Kardashian Beauty Hair (@kbeautyhair) on

Bronne: www.allure.com, www.hellomagazine.com, www.bustle.com

Lees nou

10 skoonheidstruuks met klapperolie

Kies pienk lippe in die winter!