Geraldine Chaplin as Gabrielle Chanel. FOTO: YouTube

Het jy gehoor?

Karl Lagerfeld maak nuwe Chanel-fliek

Karl Lagerfeld, die kreatiewe direkteur van die mode- en skoonheidhuis Chanel, het nog ’n kortfliek oor die legendariese Gabrielle Chanel, oftewel Coco Chanel, gemaak.

Geraldine Chaplin (Doctor Zhivago) as Gabrielle Chanel en Rupert Everett (My Best Friend’s Wedding) is die sterre van The Return, ’n fliek oor Coco Chanel se terugkeer na die modewêreld ná die Tweede Wêreldoorlog.

Keira Knightley speel Coco Chanel in Lagerfeld-fliek

Geraldine Chaplin en Rupert Everitt in The Return. FOTO: YouTube

Geraldine Chaplin en Rupert Everitt in The Return.
FOTO: YouTube

Wanneer sy ná ’n stilte van 15 jaar weer ’n haute couture-reeks bekend stel, gee die Franse media haar ’n koue skouer. Hulle meen die reeks, bestaande uit interessante baadjies en rompe, is vervelig.

Maar die Amerikaanse media is mal oor die nuwe voorkoms wat uiteindelik kenmerkend van Chanel geword het.

Agter die skerms van die nuutste Coco Mademoiselle-advertensie

the return 3

Die kortfliek wys hoe gaande Dallas-inwoners oor Gabrielle Chanel was.
FOTO: YouTube

Die kortfliek se première was gisteraand in Dallas, VSA, kort voor die Métiers d’Art-versameling op die loopplank vertoon is. Dié vertoning word elke jaar in Desember gehou om die Chanel-vrou ’n voorsmakie te gee van die reekse wat in die nuwe seisoen verwag kan word. Dis ook nou al tradisie dat die vertonings by interessante plekke – gewoonlik met ’n spesiale band met Chanel – gehou word.

Volgens Mail Online was Coco betower deur Dallas toe sy dié stad in 1957 besoek het. Daarom het Karl Lagerfeld besluit om vanjaar se Desembervertoning in die Texas-stad te hou.

Kyk die kortfliek hier!

Coco Mademoiselle EDP 1_smallSoek jy ’n tikkie van die ikoon in jou lewe? Probeer ’n weergawe van die geur wat na haar vernoem is… Coco Mademoiselle (R1 510 vir 100 ml EDP) is ’n vars blomme- en sitrusgeur en perfek vir die somer. Lemoen, Mandarynse lemoen, lemoenbloeisels en bergamot is in die boonste note terwyl die middelste note geure van onder meer jasmyn en ylang-ylang bevat. Uiteindelik balanseer note soos tonkaboon, patsjoelie, vanielje en wit muskus die geur in die basisnote.