FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Kate Middleton se haarstileerder verklap …

Die SARIE-span kan net nie uitgepraat raak oor die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, nie. Van haar vriendelike geaardheid tot haar stylvolle modekeuses. Om om nie eens te praat van haar kenmerkende glad en volumeryke drooggeblaasde hare nie. Gelukkig vir ons is die koninklike geheim agter haar begeerlike lokke nou uit!

 

In ’n video-onderhoud met die tydskrif People.com verduidelik Kate se haarstileerder van die afgelope tien jaar, Richard Ward, stap vir stap hoe hy Kate se kenmerkende haarstyl, ook bekend as die Chelsea Blow Dry, skep.

Kyk HIER na die video

Ons gunsteling-deel van die onthulling? Die haarborsel wat hy gebruik. Dit lyk sowaar soos ’n prinses-haarborsel uit jou gunsteling-Disney-fliek! Volgens Richard werk die Tangle Angel-haarborsel se dun plastiekborselhaartjies perfek om jou hare deeglik uit te kam sonder om dit ná die tyd plat en staties te laat.

Hoewel dié hartvormige haarborsel nie in SA beskikbaar is nie, is die borselhaartjies soorgelyk aan dié van die gewilde Tangle Teezer (R220, by uitsoeksalonne).

Tangle_Teezer_Original_Professional_Detangling_Hairbrush___Black_1365777098.pngBuiten die oulike haarborsel het Richard ook dié wenke vir Kate se perfek drooggeblaasde kapsel gedeel:

• Die sleutel is om volume by jou haarwortels te skep, sê Richard. Wend voordat jy jou hare begin uitblaas ’n stileringsproduk aan wat spesifiek hiervoor ontwikkel is, soos ’n mousse of sproei.

• Gebruik altyd jou haardroër met die voorste blaaspunt aan wanneer jy jou hare droogblaas. Volgens Richard konsentreer die blaaspunt die hitte op een plek en dit help om kroeserigheid in jou hare te verminder en dit meer glansend te laat lyk.

• Richard gebruik styfgedraaide haarkrullers om die sagte golwe by Kate se haarpunte te skep.

• Pas op om te veel produk op jou hare te wend nadat jy dit uitgeblaas het. Dit kan dikwels jou vars drooggeblaasde hare plat laat lyk.

 

 

Fab! Fuchsia and Flowers#tangleangel #summer #sun #hair #season

A photo posted by Tangle Angel (@tangle_angel) on

Bronne: www.people.com, www.allure.com

Lees nou

Lady Gaga se verlowing is verby

Kry foutlose onderlaag met dié wonderproduk