Het jy gehoor?

Kate Moss se nuwe parfuum

Nou smeul sy opnuut met donker oë én naels – ‘n voorkoms wat tans ‘n móét is vir die aand – in advertensies vir haar nuwe parfuum, Kate Moss Velvet Hour. Dié stylikoon inspireer ons weer met haar aanloklike vintage-voorkoms.

Met dié geur wil Kate vroue ‘n oomblik van sensualiteit en verleiding laat beleef: “Hierdie geur roep die spesiale oomblik op wanneer die son pas gesak het en dit voel of jy toegedraai word in fluweel. Ek is mal oor dié tyd van die dag – dis baie sexy en sensueel, vol belofte,” sê Kate.

Hout- en blomnote skep ‘n unieke geurkombinasie in Kate Moss Velvet Hour, en die vintage-ontwerp van die bottel is geïnspireer deur Kate se unieke klerestyl. Die geur is vanaf Februarie 2009 te kry teen R295 vir 30 ml EDP.