Het jy gehoor?

Katy Perry se nuwe vennootskap met ghd

En dis nié in een van haar liedjies nie!

Katy het saam met die beroemde fotograaf David LaChapelle gewerk aan die bemarkingsveldtog wat binne die volgende paar maande bekend gestel gaan word. David is bekend vir sy surrealistiese en humoristiese foto’s en het al talle bekendes op interessante maniere uitgebeeld.

“Katy is parmantig, stylvol en sexy, die perfekte gesig vir ghd”, sê Paul Stoneham, ghd se hoof- uitvoerende bestuurder.