wenkbroue kim kardashian celeb met gala

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Het jy gehoor?

Só lyk Kim Kardashian se nuwe haarsnit!

Die werklikheidster Kim Kardashian spog nou met ’n skerp asimmetriese lob.

Kim het vroeër die week ’n video van haar splinternuwe haarsnit op Snapchat gedeel. Haar hare val tot op haar skouers en is asimmetries gesny, met stomp punte. Ons dink dit lyk supersjiek en pas perfek by haar donker gladgestrykte hare.

As jy gedink het dié styl se tyd is verby, dink weer!

Go follow @khlokardashianarmy

A video posted by Kim Kardashian Snapchats (@kimmysnapchats) on

Met dié korter haarsnit volg sy in die voetspore van haar twee jonger susters, Khloé en Kendall (én talle ander bekendes), wat ook die afgelope jaar hul hare in ’n korter bob of lob gesny het.

Love this look. I break it down on my app! A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

 

Kim is nie bang om af en toe met haar hare te eksperimenteer nie. Onthou jy nog toe sy verlede jaar vir ’n paar weke lank blond was?

 

Hou jy van Kim K se nuwe haarsnit?

  • JA
  • NEE

Lees nou

Jou gids vir die Olimpiese Spele

Waarskuwing: Dis wat alkohol aan jou vel doen!