FOTO: ©Matthew Brookes for LOréal Professionnel

Het jy gehoor?

Kirsten nuwe gesig van bekende haarprodukte

Sy is al in flieks te sien vandat sy 12 jaar oud is, toe sy ’n klein vampier was in Interview with the Vampire saam met Brad Pitt en Tom Cruise. En nou is Kirsten Dunst die eerste internasionale gesig van die haarproduk-reeks L’Oréal Professionnel.

Dié aktrise het nog nooit twee keer gedink om haar haarstyl vir ’n rol te verander nie en het dit al rooi, bruin en blond gekleur en selfs kort gesny!

Kirsten gaan vanjaar die gesig van drie groot produk-bekendstellings wees: Wild Stylers by Tecni.ART, Beach Waves en Absolut Repair Lipidium.

Ander flieks waarvoor Kirsten bekend is, sluit in Jumanji, Bring It On, Spider-Man en Marie Antoinette.

10 Feite oor Kirsten

  1. Sy kan vlot Duits praat! Haar pa is Duits en haar ma is Amerikaans.
  2. Sy het vir twee jaar (2002 – 2004) met die akteur Jake Gyllenhaal uitgegaan.
  3. Haar bynaam as kind was Kiki.
  4. Kirsten neem klopdans-lesse (tap-dancing).
  5. Sy het al in meer as 50 flieks gespeel en is nou maar eers 31 jaar oud!
  6. Haar droom is nog om regisseur te wees.
  7. Sy was, soos haar karakter in die fliek Bring It On, ook ‘n cheerleader op skool.
  8. Haar gunsteling-fliek waarin sy gespeel het? Interview with the Vampire.
  9. Sy is in 2008 na ‘n rehabilitasiesentrum vir depressie.
  10. Sy is aktief betrokke by liefdadigheidsorganisasies, veral dié wat te make het met kanker.

Bron: www.imdb.com