Het jy gehoor?

Kry dikker wenkbroue met ’n koekie badseep

Die meeste van ons droom van voller wenkbroue. Hoewel welige wenkbroue moontlik is met slim behandelings en interessante produkte, het ons nou dalk die maklikste manier nóg ontdek …

In ’n nuwe viral video onthul ’n skoonheidsblogger hoe jy net ’n koekie seep nodig het om binne sekondes jou wenkbroue woema te gee. En nadat die video deur een van Hollywood se voorste wenkbrou-kenners, Anastasia Soare (bekendes soos die Kardashians/Jenners, Jennifer Lopez en Cindy Crawford besoek haar gereeld), op Instagram gedeel is, het dit behoorlik die skoonheidswêreld aan die gons, berig The Daily Mail aanlyn. Dit het selfs ’n eie Instagram-hutsmerk: #soapbrows.

Full natural brows @pennyantuar Using #BrowWiz in Soft Brown #anastasiabeverlyhills

A photo posted by Anastasia Beverly Hills (@anastasiabeverlyhills) on

 

In die video gebruik ’n skoonheidsblogger ’n koekie seep om haar wenkbroue groter en voller te laat lyk. Sy vee ’n wenkbrouborsel oor die koekie seep totdat dit heeltemal met seep bedek is, waarna sy een van haar wenkbroue skuins en opwaarts kam met die borsel. Daarna kleur sy die wenkbrou met ’n wenkbroupotlood in.

Kyk hiér na die video wat Anastasia gedeel het:

 

Soap Brows @__shellbyyyy Using #BrowDefiner in Dark Brown #anastasiabrows #anastasiabeverlyhills

 

A video posted by Anastasia Beverly Hills (@anastasiabeverlyhills) on

Soos die video gewilder word, beproef al hoe meer aanhangers sélf die skoonheidstruuk. Dit werk glo soos ’n bom omdat die wasagtige tekstuur van die seep die wenkbrouhaartjies volume gee vir voller wenkbroue wat natuurlik lyk. Grimeerkenners beklemtoon gereeld hoe belangrik dit is om nie jou wenkbroue af te skeep wanneer jy grimeer nie. Dit raam jou gesig en rond jou voorkoms af.

Buiten ’n koekie seep, kan jy ook dié produkte gebruik om volume aan jou wenkbroue te gee:

Smashbox Brow Tech Shaping Powder in Dark Brown (R315)

’n Gekleurde fyn poeier wat ook volume gee.

Maybelline Brow Drama Pomade Crayon in Medium Brown (R130)

Die wasformule van dié produk gly maklik oor jou wenkbroue en skep tekstuur.

Benefit Gimme Brow Brow-Volumizing Fiber Gel in 1 (R335)

Daar is tans verskeie produkte met jelformules wat kleur aan jou wenkbroue gee en dit ook voller laat lyk. Dié is soos maskara vir jou wenkbroue! By Edgars

L’Oréal Brow Artist Plumper in Dark Brown (R150)

NYX Tinted Brow Mascara in Blonde (R130)

By Clicks

Bronne: www.dailymail.co.uk

Lees nou

Nóg ’n Sex and the City?

Sorg só vir letsels en littekens