FOTO Instagram (@kyliejenner)

FOTO Instagram (@kyliejenner)

Het jy gehoor?

Kry foutlose onderlaag met dié sponsie

Al ooit gewonder hoe die 18-jarige realiteitster Kylie Jenner se vel altyd lyk asof dit ge-“airbrush” is? Ons weet nou wat haar geheim is!

Kylie het verlede week haar aanhangers bederf toe sy verskeie stap-vir-stap-video’s van haar daaglikse grimeerroetine op Snapchat gedeel het.

En haar geheim vir die perfekte onderlaag-afwerking? Nes talle Hollywood-bekendes en grimeerkunstenaars wend sy haar onderlaag aan met The Original Beauty Blender.

Danksy dié traanvormige grimeersponsie se unieke hidrofiele sponsmateriaal kan jy jou onderlaag foutloos aanwend sodat jou vel goed bedek is, terwyl dit steeds lyk asof jou vel onder die onderlaag “deurskyn”. Boonop laat dit jou onderlaag langer op jou vel hou.

The Original Beauty Blender

The Original Beauty Blender

Jy sit ’n paar druppels onderlaag op jou gesig en “druk” dan die vetter deel van die sponsie oor jou hele gesig om die onderlaag in te skakeer. Met die smaller deel beweeg jy rondom jou neus en jou oë. Moenie met die sponsie oor jou gesig vee of rol nie. Deur die onderlaag letterlik in jou vel in te druk, hou dit lank en lyk die afwerking mooi natuurlik. Dis ook belangrik om die sponsie klam te maak voor jy dit gebruik. Dit sorg vir gladder, meer egalige aanwending.

Kylie gebruik ook haar Beauty Blender-grimeersponsie om verbloemer onder haar oë aan te wend. Sy wys hoe sy haar sponsie ná gebruik deeglik afspoel sodat daar nie bakterieë op die sponsie opbou nie.

 

The Original Beauty Blender (R398) is beskikbaar in verskillende groottes by Placecol-salonne. Besoek ook www.placecol.com.

Use your damp original #beautyblender with foundation, powder, BB + CC cream and cream blush!

A photo posted by beautyblender (@beautyblender) on

Lees nou

Jou hare tydens swangerskap

Probeer dié nuwe velsorg-trend: #multimasking