FOTO Instagram (@fernthebarber)

FOTO Instagram (@fernthebarber)

Het jy gehoor?

Kry ’n bob met ’n skeermes!

Nuwe haartrends duik byna daagliks in die skoonheidswêreld op! Die nuutste tendens wat die internet aan die gons het, is ’n gewaagde haarsny-tegniek waar haarstileerders ’n haarknipper gebruik om jou haarpunte stomp af te sny. Dit het selfs al ’n eie hutsmerk op Instagram – #ClipperBob.

Don’t move a muscle #FernTheBarber #DeadEndz #ClipperBob

A video posted by FernTheBarber (@fernthebarber) on

Die afgelope twee maande deel al hoe meer haarstileerders foto’s en video’s op Instagram waar hulle ’n haarknipper gebruik om hare in ’n stompgesnyde bob of lob te sny.

Om dié tegniek reg te kry verg baie konsentrasie en presiesheid van die haarkapper en baie vertroue van die kliënt, sê Shelene Shaer, mede-eienaar van die Tanaz-haarsalon in Johannesburg. “Jou haarkapper moet weet wat hy of sy doen en jou hare reg voorberei voordat dit op dié manier gesny word.” Die belangrikste is dat jou hare skoon en droog moet wees en heeltemal natuurlik hang (dis dus glad nie gestileer nie). En jy moet baie stil en regop sit!

Who’s next?Text or DM for an appointment #FernTheBarber #DeadEndz

A photo posted by FernTheBarber (@fernthebarber) on

Selfs Robert Cromeans, die kreatiewe direkteur van die internasionale haarreeks Paul Mitchell, gebruik die tegniek. Hy gebruik ook ’n toestel wat lyk soos ’n vurk om fyn lagies in die haarpunte te vorm soos wat hy dit met die haarknipper sny.

Me in Jacksonville Paul Mitchell the school cutting hair with a fork

A video posted by Robert Cromeans (@robertcromeans) on

Veral ná die werklikheidster Kim Kardashian twee weke gelede met ’n stompgesnyde asimmetriese lob gepronk het (selfs al was dit net ’n pruik), lyk dit asof dié haartrend nog gewilder gaan raak!

Wat dink jý?

Sal jý jou haarkapper met dié haarsny-tegniek vertrou?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Is te veel oefening sleg vir jou?

Wenke vir jou eerste spa-besoek