FOTO: Instagram (@bleachlondon)

FOTO: Instagram (@bleachlondon)

Het jy gehoor?

Kry ’n tapisserie … in jou hare!

Vergeet vir ’n oomblik van reënboog-gekleurde lokke en blomkrone. Nóú kan jy ook ’n tapisserie in jou hare laat inweef!

’n Bekende Londense haarsalon, Bleach, het oor die naweek dié interessante haardiens aan feesgangers by die Port Eliot-fees in Cornwall, Engeland, aangebied. Bleach het ook een van hul haartapisserie-ontwerpe op hul Instagram-profiel gedeel, asook foto’s van hul haarstileerder in aksie.

Ons wys jou hier stap vir stap hoe om drie interessante vlegsels te vleg!

Gelukkig lyk dit nie te moeilik om dié haarkuns na te boots nie. Met ’n paar dun woldraadjies en ’n ekstra paar hande hoef jy bloot die woldraadjies bo-oor en onderdeur dun haarseksies te weef vir ’n eenvoudige ontwerp.

Ons is opgewonde om te sien of dié haartapisserieë ’n somertendens gaan word!

Somer-skoonheidstendense om na uit te sien – lees meer!