FOTO: Unsplash

FOTO: Unsplash

Het jy gehoor?

Kyk wat doen ’n té warm haaryster aan jou haarkleur!

Ons sou nooit kon dink dat ’n haaryster só ’n groot verskil aan jou haarkleur kan maak nie. En tog – kyk net na dié interessante video …

FOTO’s: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

’n Gewilde haarstileerder van Kalifornië, Guy Tang, het onlangs ’n video op sy Instagram-profiel gedeel waar hy demonstreer wat ’n té warm haaryster aan gekleurde hare kan doen. In die video wend Guy ’n haaryster wat op sowat 200 °C gestel is vir vyf sekondes aan ’n paar stroke gekleurde hare. Sodra hy die haaryster verwyder, is ’n gedeelte van die haarstroke se kleur aansienlik vaer.

Pas op! Dié vyf grimeerfoute laat jou ouer lyk

Gelukkig beteken dit nie jy kan nooit weer jou gekleurde hare glad stryk nie! As jy wil hê jou kleur moet langer hou, maak net seker jy stel nie jou haaryster se temperatuur bó sowat 190 °C nie.

Het jy geweet?

Die meeste haarysters het gewoonlik ’n hitteverstelling van tussen 150 en 235 °C. Hoe hoër die temperatuur van die haaryster is, hoe vinniger neem dit om ’n haarstrook glad te stryk. As jy gereeld jou hare kleur, verstel daarom eerder jou haaryster op ’n laer hitte om te verseker dat jou kleur langer hou en vars lyk.

Dié wenke sal ook help om jou haarkleur langer te laat hou:

* Wend altyd ’n hittestileringsproduk aan jou hare voordat jy dit met hitte stileer.

* Gebruik sjampoe en opknapper van goeie gehalte en wat spesiaal geformuleer is om jou haarkleur langer te laat hou

* Gebruik soms ’n droë sjampoe om jou haarstyl langer te laat hou voordat jy weer jou hare was en met hitte stileer.

Probeer:

ghd Platinum (R2 999). By uitsoeksalonne

ghd platinum

ghd Platinum

TRESemmé Heat Defence Styling Spray (R70)

TRESemmé Heat Defence Styling Spray

TRESemmé Heat Defence Styling Spray

L’Oréal Paris Elvive Colour Protect Shampoo (R50 vir 250 ml) en Conditioner (R50 vir 200 ml)

Batiste Dry Shampoo in Cherry (R40 vir 50 ml). By Clicks

batiste dry shampoo cherry 50 ml

Batiste Dry shampoo in Cherry

Grondboontjiebotter-koekies – met net 3 bestanddele!