gwen_stefani
Het jy gehoor?

L’Oréal-familie se nuwe gesig!

Dié sangeres het naam gemaak as hoofsanger van die popgroep No Doubt en het later ook haar eie solo-sangloopbaan geloods. Buiten haar rol in die musiekwêreld is Gwen ook ’n ontwerper met twee mode-etikette, L.A.M.B. en die Japannees-geïnspireerde Harajuku Lovers. Én sy het in die fliek Aviator gespeel saam met Leonardo DiCaprio en Cate Blanchett.

Gwen se kenmerkende platinum-blonde hare, bloedrooi lipstiffie en interessante styl het van haar ‘n mode-ikoon gemaak en sy is baie opgewonde om deel van die L’Oréal-familie te wees. “Ek kan nie glo ek het die geleentheid om een van die L’Oréal-meisies te wees nie. Ek is baie gelukkig,” sê sy.

Gwen sluit aan by ander bekendes in die L’Oréal-familie soos Beyoncé, Jennifer Lopez, Patrick Dempsey, Gerard Butler, Freida Pinto, Diane Kruger en Rachel Weisz.