lacoste_klein
Het jy gehoor?

Lacoste se derde Pink-geur!

Dié geur (R450 vir 30ml EDT) is ’n mengsel van pomelo en Blue Curacao-likeur, en is geïnspireer deur ’n vrou se vreugde en opgewondenheid oor haar hegte vriendskappe. Dit is opbeurend, verfrissend, sprankelend en vol energie.

Alexa Chung, ’n Britse styl-ikoon, TV-aanbieder en model, is die gesig van dié parfuum. Twee van haar eie vriendinne verskyn saam met haar in die advertensieveldtog, wat die vreugde van vriendinne wat vrolik saamkuier uitbeeld in ’n reënbui van pienk linte – 3 000, om presies te wees!

Kyk uit vir dié nuwe geur wat reeds in SA beskikbaar is.