Lara Stone, Britse Vogue

Het jy gehoor?

Lara Stone die nuwe gesig van ’n bekende skoonheidshuis

Die beeldskone model Lara Stone is onlangs aangewys as die nuwe gesig van L’Oréal Paris. Lara, wat al meer as 15 jaar lank modelwerk doen, word beskryf as ’n ongewone skoonheid.

 

Givenchy, Chanel, Prada, Louis Vuitton, Marc Jacobs, Lanvin en Fendi is van die mode- en skoonheidshuise waarvoor sy al modelwerk gedoen het. Sy was ook al nagenoeg tien keer op die voorblad van die tydskrif Vogue én in advertensies van Calvin Klein.

FOTO: verskaf

 

 

“Lara is ’n ware moderne ikoon. Haar rebelse, sensuele skoonheid het haar sterk en suksesvol gemaak, maar sy bly tog altyd opreg, eerlik, sensitief en prettig,” sê Cyril Chapuy, L’Oréal Paris se handelsmerkpresident.

 

Lara en haar man, die Britse akteur en komediant David Walliams, het in Mei vanjaar ouers geword toe hul seun, Alfred, gebore is.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

“Skoonheid is iets wat jy vir jouself skep. Dis ’n magtige manier om te sê wie jy regtig is,” sê die 29-jarige model.

Met haar nuwe titel by L’Oréal volg sy in die spore van bekendes soos Beyoncé, Doutzen Kroes, Eva Longoria, Laetitia Casta, Freida Pinto, Julianne Moore, Hugh Laurie en Jane Fonda.

Kyk hier na ‘n agter-die-skerms-video van L’Oréal en Lara se groot aankondiging.