FOTO: Dermalogica

FOTO: Dermalogica

Het jy gehoor?

Leer ken jou vel se bloudruk met nuwe veldtog

Die bekende velsorghuis Dermalogica begin vandag hul nuwe Facemap Our Nation-veldtog! En jý is genooi!

Van 1 April tot 31 Mei gaan Dermalogica poog om 5 000 gesigte met hul gratis Face Mapping-metode te ontleed. ’n Terapeut deel jou gesig in 14 sones op en bekyk dan elkeen in diepte. So kry jy ’n goeie idee van jou vel se algehele gesondheid en spesifieke velbekommernisse kan só beter behandel word. Kliënte sal ook ná hul Face Mapping-analise ’n gratis toetsproduk-pakkie van Dermalogica ontvang.

FOTO: Dermalogica

FOTO: Dermalogica

Kendall Jenner nuwe gesig van Calvin Klein

“Ons doel met dié veldtog is om mense oor hul vel in te lig sodat ’n gesonde vel en ’n doeltreffende velsorgroetine binne almal se bereik kan wees,” sê Lara Wicksteed, nasionale opleier van Dermalogica.

Face Map Our Nation Campaign 2

Die 14 sones waarin jou gesig opgedeel word met Face Mapping FOTO: Dermalogica

Kies die regte velsorg en lyk jonger – lees meer!

Hiér verduidelik Lara hoe om vyf groot velbekommernisse wat jy moontlik kan teëkom te identifiseer, asook hoe om dit te behandel.

As jy jou gesig wil laat ontleed, besoek www.dermalogica.co.za om jou naaste Dermalogica-verskaffer te vind of besoek die Dermalogica-winkels in Rosebank Mall, Johannesburg of by die V&A Waterfront en Wembley Square in Kaapstad. Onthou om jou ervaring, met die hutsmerk #facemapnationsa, te deel!

Taking care of your skin is no joke… even on the 1st of April. Happy ‪#‎Aprilfools‬ everybody

A photo posted by Dermalogica South Africa (@dermalogicasa) on

Die Gary Rom-blog: Só dra jy ’n middelpaadjie