Het jy gehoor?

Legendariese model Jerry Hall sny haar ikoniese lang hare kort

Jerry Hall het ook haar hare in ’n lang bob gesny. Met dié stap het sy haar ikoniese lang hare, wat vir 40 jaar deel van haar kenmerkende voorkoms was, afgesny.

Dié 57-jarige aktrise en model het die groot besluit geneem om haar hare in ’n lang bob, of soos sy dit noem, ’n lob, te sny. Sy het dít gedoen tydens ’n fotosessie met L’Oreal Professionnel.

Sy het ’n foto haar nuwe haarstyl op haar Twitter-blad gedeel:

Nóg ’n foto van Jerry se nuwe styl. Hier is sy saam met die Franse aktrise en model Loan Chabanol. Hulle is L’Oreal Professionnel se “It Girls”.

Jerry, wat lank in ’n verhouding met Mick Jagger was, lyk pragtig met haar nuwe haarstyl.

Van Jerry se mooiste voorblaaie

Bron: Huffington Post

Nóg bekendes wat hul hare in die bob-styl gesny het