leighton_meester_shoots_vera_wang_
Het jy gehoor?

Leighton Meester die nuwe gesig van Vera Wang!

Leighton Meester (24), beter bekend as Blair van Gossip Girl, is die nuwe gesig van Vera Wang se komende parfuum! Ons het juis gedink dis tyd dat haar sterretjie ‘n bietjie helderder as Blake Lively s’n skyn.

Me. Meester lyk alte fraai in ‘n wynrooi Vera Wang-ontwerp wat in lae vanaf haar knieë uitskop! Die veldtog is deur dieselfde fotograaf wat die beeldskone Louis Vuitton-advertensieveldtog met Dree Hemingway (kleindogter van Ernest Hemingway) geskiet het, afgeneem.

Wanneer sal ons die finale foto’s sien? Volgens justjared.com sal die parfuum teen volgende winter (die Europese somer) op winkelrakke wees.

Tot volgende keer,

xoxo

Sarie