FOTO: Instagram (@lorealparisofficial)

FOTO: Instagram (@lorealparisofficial)

Het jy gehoor?

Lewe in pienk met nuwe lipstiffie-reeks

Pienk is dié seisoen groot. En danksy die skoonheidshuis L’Oréal se nuutste Collection Exclusive-reeks lipstiffies kan jy ook jóú perfekte pienk skakering vir die lente vind!

Die L’Oréal Collection Exclusive La Vie en Rose-reeks bestaan uit sewe lipstiffies, elk in ’n ander pienk skakering wat geïnspireer is deur die skoonheidshuis se bekende gesigte soos Blake Lively, Naomi Watts, Eva Longoria en Jennifer Lopez. Aanhangers kan kies uit ’n verskeidenheid pienk skakerings, wat wissel van bessiepienk tot perskepienk, om by alle gelaats- en haarkleure te pas.

Pink duo anyone? @blakelively and @liyakebede living la vie en rose #lorealparis #colorriche #makeupdesigner #pinkobsession #pink #lipstickfriday

A photo posted by L’Oréal Paris Official (@lorealparisofficial) on

Koningin Elizabeth skryf brief aan 6-jarige meisie

Die lipstiffies kom in ’n satyn-afwerking en is verryk met fyn ligweerkaatsende deeltjies wat sorg vir glansende kleur wat nie vaal of droog op jou lippe lyk nie. Elke lipstiffie kom in die Collection Exclusive-reeks se kenmerkende swart-en-goud buisie en spog ook met die handtekening van die muse vir die betrokke skakering.

FOTO: L'Oréal

L’Oréal Collection Exclusive La Vie en Rose-lipstiffiereeks FOTO: L’Oréal

Kies jóú skakering:

Vir ligte gelaatskleure, kies tussen…

  • Aktrise Julianne Moore se Nude Pink
  • Aktrise Blake Lively se Orangey Pink
  • Aktrise Naomi Watts se Tea Pink
  • NatashaPoly se Bright Pink

Vir donker gelaatskleure, kies tussen…

  • Model Liya Kebede se Grenadian Pink
  • Aktrise Eva Longoria se Peach Pink
  • Sanger en aktrise Jennifer Lopez se Magenta Pink

Die L’Oréal Collection Exclusive La Vie en Rose-reeks is vanaf November in SA beskikbaar teen R155 elk.

Vir Altyd: Ontmoet die karakters

Het jy geweet?

Die sanger John Legend het die bekende Franse liedjie “La Vie en Rose”, wat oorspronklik deur die Franse sanger Edith Piaf gesing is, spesiaal vir die advertensieveldtog van dié nuwe reeks verwerk.

Kyk hiér na die advertensie-video:


Gewilde salongroep maak tweede winkel vir mans oop