FOTO cheetoshop.com

FOTO cheetoshop.com

Het jy gehoor?

Lief vir kaaskrulle? Jy kry nou kaaskrul-grimering!

Glo dit of nie, maar die gewilde Amerikaanse kaaskrul-handelsmerk Cheetos het nou ook die skoonheidswêreld betree.

Vir die feesseisoen het Cheetos vir die pret ’n unieke verbronser in dié tjips se kenmerkende kaaskrul-oranje bekend gestel. Hulle noem dit Colour de Cheetos Bronzer.

cheetos verbronser

Daarby is ’n spesiale Cheetos-parfuum ook uitgebring, Cheeteau, wat glo spog met egte kaasolie as een van die bestanddele. Albei dié produkte is tans te koop in Cheetos se Amerikaanse aanlyn winkel.

cheetos parfuum

 

Dié vreemde skoonheidsprodukte het ook al die lig gesien – al was dit dalk nie vir baie lank nie …

’n Sonskerm, naellak én gegeurde kers van KFC

Die kitskos-kettingwinkel KFC het vanjaar al ’n hele paar speelse skoonheidsprodukte vir promosies bekend gestel …

Soos ’n sonskerm wat beloof om jou veilig te hou in die son en jou soos gebraaide hoender laat ruik.

Gegeurde naellakke wat glo “finger licking good” proe sodra die formule droog is.

kfc naellak

Vir die feesseisoen spog hul selfs met ’n gegeurde kers wat jou huis met die heerlike geur van KFC se gebraaide hoender vul.

kfc scented candle

 

Burger King se Flame Grilled-parfuum

Die Amerikaanse kitskos-kettingwinkel het al aanhangers bederf met ’n parfuum wat na die gewilde Burger King Whopper-burger ruik. Dié unieke parfuum, genaamd Flame Grilled, ruik na beesvleis, mayonnaise, blaarslaai, tamaties, uie en selfs die geur van slaptjips.

burger king whopper perfume

 

’n Pizza Hut-parfuum

Dié parfuum is gemaak om die geur van ’n varsgemaakte pizza in ’n wegneemboks vas te vang.

pizza hut perfume

 

Wat dink jý?

Bronne: www.marieclaire.com, www.huffingtonpost.co.za, www.adweek.com

Lees nou

Dié liedjies is die meeste gegoogle

Reis lig met dié 6 wenke