FOTO: Barwerd van der Plas for Lancôme ©2013

Het jy gehoor?

Lily Collins die nuwe gesig van Franse skoonheidshuis

Die jong aktrise Lily Collins (dogter van die sanger Phil Collins) is aangewys as die nuwe gesig van die Franse skoonheidshuis, Lancôme.

Lily, wat herinner aan Audrey Hepburn se skoonheid, en Lancôme sal vanaf Januarie amptelik saam met die bekendstelling van die lente 2014-grimeerreeks French Ballerine werk. Dié ster van The Blind Side en Mirror Mirror volg met dié ambassadeurskap in die spore van bekendes soos Julia Roberts, Emma Watson, Kate Winslet en Juliet Binoche.

“Dit is vir my ‘n eer dat ek gekies is om Lancôme te verteenwoordig. Ek het nog altyd dié handelsmerk se waardering vir innerlike skoonheid en elegansie bewonder. My droom het waar geword, ek is ‘n ambassadeur vir een die wêreld se top-handelsmerke,” het Lily self gesê.

Lily is tans te sien in die fliek, The Mortal Instruments: City of Bones. Dié fliek is gebaseer op ’n wetenskapsfiksie-boek vir jong volwassenes en gaan oor Clary Fray (gespeel deur Lily) wat ’n moord sien plaasvind. Kort daarna verdwyn haar ma…

Kyk hier na die voorprent!