sr1010skoonheid19
Het jy gehoor?

Die nuwe sexy

Watter grimering is nou sexy en hoekom?
Nudes word oral gesien. Ook helder lipkleure – enigiets sitrus soos helder nartjie tot bessiekleure soos diep kersierooi. Lipglans maak ook ‘n groot terugkeer – en dis maklik om aan te wend. Oogomlyner is steeds ‘n staatmaker en hierdie seisoen word ‘n diep donkerblou gebruik en oë word katvormig met oogskadu ingekleur.

Wat is altyd aanloklik?

Rokerige oë. Jy trek mense in ‘n gesprek in met jou oë, so dis reeds ‘n sensuele bate. Die ekstra donkerte skep net daardie “kom-hier”-voorkoms.

Wat is jou grimeergeheime om vinnig sexy te lyk?

1. ‘n Nuwe haarstyl – dit hoef nie eens dramaties te wees nie, dalk net ‘n varser kleur of ‘n bietjie tekstuur. ‘n Klein verandering kan ‘n groot verskil maak.

2. ‘n Foutlose vel is altyd begeerlik. Dit kan jou dadelik vyf jaar jonger laat lyk, so onderlaag is onmisbaar.

3. Dis ook maklik om in ‘n groef te verval wanneer dit kom by die gebruik van kleur. Ons is geleer dat jy ‘n “seisoen” is, soos “herfs”, en dat net daardie kleure by jou gaan pas. Dís nou laas seisoen! Belê in ‘n kleur wat jy nog nie op die proef gestel het nie – jy sal verras wees.

4. Mooi, donker wimpers het altyd ‘n impak en laat jou oë wakker en uitgerus lyk.

  • http://tvpiclrnvlti.com/ qzgkwfyi

    MBbcji pfqfbgsaexax, [url=http://ujbaumdkwcbp.com/]ujbaumdkwcbp[/url], [link=http://rqertuaqnryc.com/]rqertuaqnryc[/link], http://prfzljiftpbq.com/