Taylor Swift kan lipstiffie sonder 'n spieël aanwend! 
FOTO: Twitter

Taylor Swift kan lipstiffie sonder 'n spieël aanwend! FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Lipstiffie sonder ’n spieël

Dis ’n handige les vir enige vrou – om vinnig jou lippe in te kleur al is daar nie ’n spieël naby nie! 

Die sangsensasie Taylor Swift gebruik nie altyd ’n spieël wanneer sy haar lipstiffie aanwend nie. Haar geheim? ’n Selfoonkamera! Die jong sangeres het onlangs op Instagram gewys hoe sy die voorste kamera op haar iPhone gebruik om haar kenmerkende rooi lipstiffie aan te wend.

Al wat jy doen is om die voorste deel van jou slimfoon se kamera te gebruik om jouself te sien. Jy kan ook na jou refleksie in ‘n venster kyk, so loer sommer in jou naaste venster en kleur jou lippe in.

Rolanda Marais, wat ons Januarie voorbladmodel is, spog oor daaroor dat sy lipstiffie sonder ’n spieël kan aanwend. Kyk hier na ’n video-onderhoud met Rolanda.

Hoe doen jy dit? Oefen, oefen, oefen! Oefen om lipstiffie sonder ’n spieël aan te wend terwyl jy by die huis is waar niemand gaan sien as jy oor jou lippe se lyne gaan nie. Sodra jy dit gewoond is, het jy nie meer ’n spieël nodig nie!