Het jy gehoor?

Liv & Jasmyn

Wat maak Absolutely Irrésistible anders?
Ek is mal oor jasmyn. Dis ’n inspirerende en stylvolle blom, onvergeetlik! Die parfuum ruik fantasties en is sexy danksy ’n intense hout-aroma.

Wat behoort ’n geur vir ’n vrou te doen wanneer sy dit dra?
Ek hou daarvan as iemand baie na aan jou moet wees voor hulle jou parfuum kan ruik – só kry nie almal die kans om jou te ruik nie, net dié wat jy naby jou toelaat! Dis soos ’n verrassing.

Hoekom is jy opgewonde om die gesig van dié parfuum te wees?
Ek dink dit gaan baie gewild wees. Ek ervaar dit as ’n subtiele geur – soos die sagtheid in ’n vrou se stem.

Wat maak ’n vrou in jou oë onweerstaanbaar?
Wanneer sy net haarself is.

Wat inspireer jou?
Die aspek van skoonheid wat my die meeste fassineer, is dat dit so persoonlik is – elkeen in die wêreld sien skoonheid anders. Elke mens het ’n unieke bekoring – goed en sleg. Die mooiste in die mense vir wie ek lief is, is daardie ietsie spesiaals omtrent hulle, hul individualiteit. Ek dink dis regtig sexy.

Wat is jou skoonheidswenk vir ander vroue?
Maak nie saak hoe laat dit is nie, reinig altyd jou gesig voor jy gaan slaap en gebruik ’n goeie vogroom!

As jy nie ’n aktrise was nie, watter ander beroep sou jy oorweeg het?
Ek sou ’n filmmaker wou wees, want ek geniet dit om mense dop te hou en die wêreld waar te neem.