FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Het jy gehoor?

Liverpool-modeweek verban sonbeddens

Die Liverpool-modeweek in Engeland het verlede week nuus gemaak met ’n ongewone reël – modelle wat ‘n sonbruin voorkoms verkry het deur op ‘n sonbed te lê mag nie aan dié modeweek se vertonings deelneem nie. 

Die organiseerders het die besluit geneem nadat die helfte van die stad se tieners tussen 15 en 17 aangedui het hulle het al sonbeddens gebruik om ‘n sonbruin vel te kry, skryf die Britse koerant Daily Mail.

Dié besluit ondersteun die stadsraad van Liverpool se veldtog The look to die for, wat inwoners van dié stad aanmoedig om alternatiewe maniere te gebruik om die perfekte bruingebrande voorkoms te kry. Volgens hierdie veldtog dui navorsing daarop dat jou risiko om velkanker te kry met bykans 60% vergroot as jy voor jy 35 jaar oud is een keer ’n maand ‘n sonbed gebruik. ’n Studie wat in 2009 gedoen is, dui egter daarop dat tieners in Liverpool een keer per week ‘n sonbed gebruik!

As deel van die veldtog het die stadsraad in Augustus en September spesiale geleenthede gehou waar kenners hul top-wenke vir die perfekte “fake tan met Jan Alleman gedeel het.

Wees veilig wanneer jy jou vel die perfekte somervoorkoms wil gee en probeer die volgende produkte:

Caribbean Tan Instant Tan in a Can (R90 vir 200 ml). Maak seker jy kies die produk wat die beste by jou veltoon pas – tipe A is vir iemand met ’n ligte vel, B is vir beige velskakerings en C is vir iemand met ’n bruin of sonbruin vel.

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Jy kan ook ’n lyfroom probeer wat jou vel geleidelik verbruin, soos Palmer’s Cocoa Butter Formula Natural Bronze Body Lotion (R70 vir 250 ml).

Wenke vir die perfekte “fake tan

  • Gebruik ’n afskilferaar en was enige olies en room af voordat jy selftan gebruik.
  • Die kleur hou langer as jy stort of vinnig bad. Dit help ook om jou vel gereeld met lyfroom te smeer.
  • Vee jou elmboë en knieë met ’n klam handdoek af ná aanwending om vreemde merke te voorkom.
  • Moenie jou beenhare voor aanwending skeer nie, veral nie as jy ’n sensitiewe vel het nie.
  • Maak seker jy wend die regte skakering room vir jou veltoon aan!

Kyk dié video vir nog raad!

Bronne: Daily Mail, www.thelooktodiefor.co.uk, www.liverpoolfashionweek.co.uk en Caribbeantan