Lupita op die voorblad van People

Het jy gehoor?

Lupita Nyong’o se versteekte talent

Ons kry nie genoeg van die Oscar-bekroonde Lupita Nyong’o nie! Dié Keniaanse skoonheid het onlangs onthul dat sy ook hare kan vleg.

In ’n video wat op Vogue.com verskyn vertel Lupita hoe sy tydens haar universiteitsvakansies in Kenia by haar tannie, wat ’n haarsalon besit, geleer het hoe om Afrika-hare te vleg. Dit juis omdat sy in New York, waar sy studeer het, nie ’n haarsalon kon vind wat haar eie hare goed genoeg kon vleg nie.

Kyk hoe lyk Lupita in dié nuwe advertensieveldtog vir Lancôme

Toe sy ná haar vakansie teruggaan universiteit toe het sy besluit om haar nuwe vleg-vaardighede te gebruik as ’n manier om ekstra geld te maak. “Op die ou end kon ek dit net nie oor my hart kry om my vriende te vra om te betaal nie,” vertel Lupita in die video.

Vind in die video hier onder uit wat Lupita nog als te sê gehad het.

Lupita se inspirerende toespraak oor skoonheid