FOTO: Instagram (@essiepolish)

FOTO: Instagram (@essiepolish)

Het jy gehoor?

Die gewildste naelkleur op Pinterest – kan jy raai wat dit is?

Die sosiale-fotonetwerk Pinterest het onlangs onthul watter naellakskakering al die meeste op dié netwerk gedeel is, berig die Amerikaanse tydskrif Glamour aanlyn. En ons kan sien waarom die kleur so gewild is …

Volgens Pinterest is ’n bessie-pers naelkleur van essie, Angora Cardi (R125), die gewildste en al meer as 400 000 keer deur aanhangers ge-“pin”. Ons is net so mal oor dié bessie-pers skakering! Die kleur is gesofistikeerd en modern en jy kan dit heeljaar dra.

Boonop het die Amerikaanse Glamour se skoonheidspan die kleur op drie verskillende velkleure getoets en gevind dit lyk fantasties by enige gelaat!

FOTO: Pinterest - Glamour

FOTO Pinterest – Glamour

essie Nail Polish in Angora Cardi (Rxx)

essie Nail Polish in Angora Cardi (R125)

Bronne: www.glamour.com, www.pinterest.com

Lees nou

Die kuif kraai (weer) koning!

Bly veilig op die internet – lees meer!