FOTO: Facebook (Nivea)

FOTO: Facebook (Nivea)

Het jy gehoor?

Maak ’n belofte en wys jy gee om met dié unieke veldtog

Maak ’n belofte en “betaal” deur om te gee – só wil die gewilde velsorghuis Nivea Suid-Afrikaners aanspoor om op ’n unieke en eenvoudige wyse ’n verskil in hul gemeenskap te maak.

Het jy geweet? Dís hoe jy jou oorbelle moet dra

Vir die Pay with Care-veldtog word verbruikers aangemoedig om hulle op Nivea se webblad aan een van vyf spesiale omgee-beloftes te verbind, waarna hulle beloon word met ’n geskenkbewys wat R10 afslag bied op enige Nivea-produk. Verbruikers kan kies om hulself te verbind aan beloftes soos onder andere om ou klere aan iemand wat dit nodig het te skenk, altyd hul sitplek op ’n bus of trein vir iemand wat ouer is op te gee of die tyd te neem om iemand ’n lewensvaardigheid te leer.

Om bewustheid te kweek spog die velsorghuis ook met ’n Care Bus, ’n unieke mobiele winkel wat tans deur KwaZulu-Natal, Gauteng en Mpumalanga reis om die veldtog na verbruikers se voorstoep te bring. In dié mobiele winkel sal verbruikers hul omgee-beloftes kan maak en een van drie Nivea-produkte kies om te koop.

Dié veldtog is geloods ter ondersteuning van Nivea se Care is Beautiful-inisiatief wat verlede jaar drie Suid-Afrikaanse helde en hul stories van omgee en sorg gevier het.

Lees meer oor Nivea se Care is Beautiful-inisiatief hiér

“Tot ’n mate voel baie Suid-Afrikaners skenkervoos (donor fatigue) omdat ons die hele tyd gevra word om by te dra tot verskillende organisasies en nie weet waar om ’n verskil te begin maak nie,” sê Kerstin Bird, bemarkingsbestuurder van Beiersdorf Southern Africa, in ’n persverklaring. “As ’n handelsmerk wil ons die ongelooflike omgee-gees van Suid-Afrikaners ondersteun en aanmoedig deur hulle te inspireer om Care is Beautiful op hul eie unieke manier te vier.”

Die Care Bus en Pay with Care-veldtog duur tot einde Augustus. Besoek Nivea se plaaslike Facebook-blad om uit te vind wanneer die bus jou gebied gaan besoek.

Remember to make your Promise of Care. So far 1 266 people have made the promise to give up their seat to an elderly person on a train or bus. http://bit.ly/1FXmMd2

Posted by NIVEA on Windsday, Jul-aye! 22, 2015

Aktrise Diane Kruger besoek SA vir goeie doel