sr1012urbanms_9_
Het jy gehoor?

Maak ‘n kopskuif

Dis die seisoen om ’n fees te hê met jou hare. Maar dink eenvoud, sê Debi Schurr, GHD se streeksopleier.

1) Wanneer werk ’n haarbykomstigheid en watter foute moet vermy word?
Hou dit eenvoudig en laat die bykomstigheid jou voorkoms beklemtoon. Kam byvoorbeeld net jou hare in ’n poniestert wat jy effens na links of regs vasmaak en steek ’n rooi blom teenaan die rekkie vas, en jy’s reg vir ’n skemerkelkie. Kopbande met blomme en Alice-bands met vere, krale en blomme is groot gunstelinge. Dit lyk pragtig met reguit óf golwende hare. Vir ’n effens meer elegante aandvoorkoms is skuifknippies met stene ’n moet-hê.

2) Hoe gaan jy met ’n stileeryster te werk om’n styl te skep?
Gebruik ’n stileeryster soos die GHD IV om jou hare te golf of plat te stryk. Die belangrikste wenk is om op skoon hare te werk en min hare op ’n slag om die stileeryster te draai. Onthou om voor die tyd ’n serum of room wat jou hare teen die hitte beskerm aan te wend. Begin altyd agter in jou nek en werk jou pad vorentoe tot by jou kuif. * As jy meer wil weet oor ’n stileeryster, besoek www.ghdhair.com.

Mariska se keuse

1 Redken Matte Sponge 05 Rugged Texturizer (R240) gee tekstuur en definisie.
2 Kry die GHD-beperkte-uitgawestel, spesiaal vir die Kerstyd, vir R2 600. Dit bestaan uit ’n stileeryster, haardroër, spieëltjie, knippies en ’n sakkie, óf koop die GHD IV vir R1 900.
3 L’Oréal Texture Expert Cashmere Jelly – Anti-Frizz (R265) maak dik hare glad en blinksag.
4 Schwarzkopf Osis+ Flexwax Texture Ultra Strong Cream Wax (R236) hou hare presies op hul plek.
 

Vat die vakansie kop toe

1 Terug na die 20’s met vere en pêrels van Sass Diva (R95).
2 Kies kant met ’n swart haarband van Sass Diva (R100).
3. Skep ’n hippie-gevoel met ’n pienk blom van Woolworths (R35).