FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Melinda die nuutste gesig van Veet – én deel haar skoonheidswenke in nuwe veldtog

Melinda Bam, voormalige Mej. SA, is onlangs aangewys as die nuwe plaaslike gesig van Veet!

Die doel van Veet se nuwe Beauty Secrets-veldtog is om skoonheidswenke wat jou selfbeeld sal verbeter, te deel.

Bevan Lewis, bemarkingsbestuurder van Reckitt Benckiser (Veet se moedermaatskappy), sê in ’n verklaring Melinda is die perfekte mens om Cindy Nell, nog ’n voormalige Mej. SA en die vorige gesig van Veet, op te volg.

“Sy kan ons help om vroue van oraloor te wys dat selfvertroue net ’n skoonheidsgeheim ver is!” sê Bevan.

Watter parfuum dink jy gee Melinda ’n tikkie ekstra selfvertroue?

Melinda, wat vroeër vanjaar plaaslik aangewys is as FHM se sexyste vrou ter wêreld, is ook onlangs gevra om meer betrokke te raak by die Mej. SA-kompetisie. Sy sal help met die voorbereiding van nuwe Mej. S.A.’s en met die liefdadigheidswerk en borgskappe van die kompetisie.

Sy het op verlede jaar se Mej. Heelal-kompetisie sesde plek behaal. Sy is ook aangewys as The Ideal Beauty 2012 en Universal Beauty 2012.

Meer oor Melinda se Mej. Heelal-ervaring híér

Is jy die volgende Mej. Veet SA?

Jy kan pryse ter waarde van R100 000 en ’n modelkontrak ter waarde van R150 000 wen! Skryf voor 25 Oktober 2013 in op Veet se webblad deur ’n foto van jouself op te laai!