Het jy gehoor?

‘n Melkbad in die winter!

Melk is ‘n hidroksiesuur wat soos ‘n natuurlike lyfskrop werk en die “gom” wat dooie velletjies aan mekaar vashou, oplos.

Hoe sensueel klink die naam nie – Chanel No. 5 Velvet Bath Milk (R675). Hierdie badmelk bevogtig jou vel, laat dit streelsag voel met die geur van Chanel No. 5. Maar jy sal vinnig moet spring – dis ‘n versamelstuk wat net vir ‘n beperkte tyd beskikbaar is.