image001
Het jy gehoor?

Michelle McLean-Bailey gesig van internasionale skoonheidshuis

Michelle was net 19 toe sy in 1992 as Mej. Heelal gekroon is. Kort daarna het haar loopbaan as TV-aanbieder by M-Net afgeskop en vandag is dié blonde model een van ons gunsteling-bekendes. Sy het ook die Michelle McLean-kinderfonds in 1992 op die been gebring, waarvoor Brad Pitt en Angelina Jolie al geld geskenk het.

Die skepper van OFRA Cosmetics, Ofra Gaito, oorspronklik van Israel, het in die laat 70’s as skoonheidsterapeut in Suid-Afrika  gewerk. Sy het in 1997 haar eie skoonheidsreeks met velsorg- en grimeerprodukte ontwikkel en in Amerika bekend gestel. Dié produkte word vandag in nege lande verkoop en is sedert 2011 ook in Suid-Afrika beskikbaar.

*Beskikbaar aanlyn of by konsultante landwyd. Skakel 011 786 9027.