Het jy gehoor?

Miley Cyrus se nuwe haarstyl

Sowat twee en ‘n half jaar gelede het Miley (19) dié sosialemedia-platform vaarwel toegeroep omdat sy nie meer haar lewe aanlyn wou leef en voortdurend die menings van haar meer as 4,8 miljoen Twitter-aanhangers wou hê nie.

Op 12 Februarie vanjaar het sy weer hul mening gevra – dié keer oor haar nuwe korter, gladde bob-haarstyl. Maar dit wil voorkom of hulle steeds verlief is op haar lang lokke, hoewel Miley self gek is daaroor. Sy beskryf dit as “bevrydend”. Ons dink sy lyk nogal gesofistikeerd. Wat dink jy?