Het jy gehoor?

Mineraalkrag

“Daar is feitlik geen risiko vir allergiese reaksies nie en dit bevat bestanddele wat goed is vir jou vel, soos titanium, goud, sink, magnesium en aluminium.

“Hierdie minerale werk saam om jou vel te laat ontspan, te verfris en te hernu. Boonop beskerm dit jou vel teen die son en jy kan selfs daarmee gaan slaap,” verduidelik Gucci Westman, Revlon se kunsdirekteur.

“Die kristalle van die minerale oorvleuel op jou vel, wat jou vel toelaat om steeds asem te haal terwyl dit beskerm word teen besoedeling.”

Mineraalgrimering kan gebruik word deur mense met veltoestande soos aknee en rooiheid, en word selfs aanbeveel vir gebruik ná kosmetiese chirurgie of chemiese afskilfering.

■ Kry jou daaglikse dosis minerale met Charlie Face Makeup Compact Mineral Powder (R64,95) en Charlie Cheek Blusher Mineral Powder Blush (R59,95).