Het jy gehoor?

Mode-en-skoonheidshuis se liefdadigheidsveldtog vier 1 jaar

Die mode- en skoonheidshuis Carolina Herrera se liefdadigheidsveldtog, CH Support with a Smile, vier dié maand hul eerste verjaardag in Suid-Afrika. Die veldtog is verlede jaar in samewerking met die Breast Health Foundation in Suid-Afrika bekend gestel om uitgebreide sorg en bystand aan borskankerlyers in SA te bied. Met dié veldtog het Carolina Herrera beloof om oor vyf jaar R5 miljoen te skenk ter ondersteuning aan SA vroue wat aan borskanker ly.

“Die Carolina Herrera-handelsmerk word nog altyd vereenselwig met sterk, onafhanklike vroue. Dit maak daarom sin dat daar aan vroue wat aan borskanker ly ondersteuning gebied word terwyl hulle een van hul dapperste uitdagings aandurf,” luidens ’n persverklaring.

Lees meer oor die CH Support with a Smile-veldtog

Boonop word ’n beperkte parfuum, CH Pink Wish (R1 285 vir 100 ml EDT), in Oktober vir Borskankerbewustheid-maand beskikbaar gestel. ’n Gedeelte van die plaaslike verkope van dié geur, asook ander Carolina Herrera-geure soos CH L’Eau en CH EDP Sublime, sal aan die Breast Health Foundation geskenk word.

CH_Pink_Wish carolina herrera pink wish ch

CH Pink Wish (R1 285 vir 100 ml EDT)

Ikoniese parfuum vier 25 jaar – lees meer!

Beskikbaar by uitsoekwinkels van Edgars, Red Square, Stuttafords en Luminance.

Familie en vriende wys ondersteuning vir borskanker – lees meer!