Die advertensie vir Calvin Klein se nuwe geur CK2

Die advertensie vir Calvin Klein se nuwe geur CK2

Het jy gehoor?

Eerste ‘geslagvrye’ parfuum dié maand in SA

Wie kan nie die ikoniese geur CK One, wat in die 90’s by jongmense gewild was, onthou nie? Dit was ook die skoonheidswêreld se eerste topverkoper-geur vir mans én vroue. Nou stel die mode- en skoonheidshuis Calvin Klein ’n unieke opvolger vir dié vars sitrusgeur bekend…

Sportster Lionel Messi se goue hart

Die splinternuwe CK2 (R895 vir 50 ml EDT) word deur die handelsmerk as ’n “geslagvrye” parfuum beskryf en vier die veelvoudige tipes verhoudings tussen mense – ongeag jou geslag. Die geur se interessante advertensieveldtog beeld dié verskillende verhoudings uit saam met die advertensie-slagspreuk, “a new scent for the two of us”.

Tamatiesous-advertensie steel harte

CK2 is ’n vars houtgeur met onder meer note van wasabi, geelnartjie, kuskusgras, sandelhout en wierook en kom in ’n minimalistiese pil-vormige bottel wat regop en omgekeer vertoon kan word.

CK2

CK2

Is ‘transformasie’ die nuwe gonswoord?

As daar ’n woord is wat ons vanjaar nog baie gaan hoor, is dit ‘transformasie’. Dit gaan inderwaarheid een van die grootste trends vir 2016 wees, volgens Worth Global Style Network , ’n voorste tendens-organisasie. Dié term vat ons ervaring van die wêreld saam soos ons dit tans beleef: Ons word uitgedaag om ons oortuigings oor geslag-, ras- en kultuur-vooroordele te bevraagteken en in die proses ondergaan ons dalk ’n transformasie na groter verdraagsaamheid. Dit is veral ons vaste idees oor geslag wat uitgedaag word.

Met haar oorgang van man na vrou verlede jaar het Caitlyn Jenner geslagsverandering (gender transitioning) op die voorgrond geplaas en rolprente en TV-programme met soortgelyke temas, soos die Oscar-benoemde The Danish Girl en die bekroonde Transparent, trek baie aandag. Ook in die mode- en skoonheidswêrelde is meer androgene style soos broekpakke en korter haarsnitte vir vroue (en langer haarstyle vir mans) al hoe gewilder.

Wat dink jy van dié interessante trend?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Oeps, wenfoto toe gedokter – lees meer!