FOTO: Instagram (@burberry)

Het jy gehoor?

Mode-en skoonheidshuis stel unieke parfuum bekend

Die Britse modehuis Burberry het gister ’n splinternuwe parfuum, My Burberry, bekend gestel waarmee hulle hulde bring aan hul kenmerkende Burberry-soldatejas (trench coat).

Dié nuwe blomgeur spog met die Britse supermodelle Kate Moss en Cara Delevingne as die gesigte van die advertensieveldtog wat deur die bekende fotograaf Maria Testino afgeneem is.

Kyk hiér na die eerste video-advertensie.

Kate Moss: ’n Wêreldwye mode-obsessie – lees meer!

Burberry het ons bederf met dié agter-die-skerm foto’s.

Dié unieke geur is ontwikkel om die modehuis se verlede, hede en toekoms te verteenwoordig. “My Burberry verteenwoordig ons handelsnaam in geur, ontwerp en houding. ’n Geur geïnspireer deur die ikoniese Burberry trench moet in alle opsigte uitstekend wees,” sê Christopher Bailey, uitvoerende bestuurder van Burberry.

FOTO: Burberry

Burberry My Burberry-parfuum FOTO: Burberry

Met note soos bergamotpeer, freesia en patsjoelie herinner My Burberry aan ’n Londense tuin ná ’n reënerige dag. Die parfuumbottel se ontwerp is ook geïnspireer deur die Burberry-jas en kom met ’n handgevoude strikkie, gemaak van dieselfde materiaal wat aan die binnekant van die jas gebruik word.

Pragtige mode-fliek met Cara Delevingne

Om alles te kroon bied Burberry aan verbruikers die kans om hul My Burberry-parfuumbottel met ’n persoonlike monogram te laat grafeer.

Die My Burberry-parfuum met 'n persoonlike monogram ingegrafeer. FOTO: Burberry

Die My Burberry-parfuum met ‘n persoonlike monogram ingegrafeer. FOTO: Burberry

Burberry My Burberry (R1 400 vir 90 ml EDP) sal van 8 September in SA beskikbaar wees by Burberry-winkels in Hyde Park en O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg en V&A Waterfront in Kaapstad.

Splinternuwe parfuum-advertensieveldtog pas bekend gestel!