FOTO: Instagram (@choupettesdiary)

FOTO: Instagram (@choupettesdiary)

Het jy gehoor?

Mode-ontwerper se kat kry eie grimeerreeks

Die bekende kreatiewe direkteur van die mode- en skoonheidshuis Chanel, Karl Lagerfeld, se kat gaan haar eie grimeerreeks bekend stel!

Onlangs is bekend gemaak dat die stylvolle Siamese kat, Choupette, saam met die Japanse skoonheidshuis Shu Uemura haar eie grimeerreeks, ’n beperkte uitgawe, gaan bekend stel. Die produkte in die Shupette-grimeerreeks, geïnspireer deur dié geliefde troeteldier, sluit in furry vals wimpers en claw naellakke.

Karl Lagerfeld se eerste parfuums bekend!

Boonop word Choupette se boek, Choupette: The Private Life of a High-Flying Fashion Cat, in September gepubliseer. Aanhangers van Miss Choupette, soos haar eienaar haar noem, kan uitsien na afdelings soos mode, skoonheid en eetgewoontes, asook die doen en late van haar gunsteling-versorger, Madame Françoise, en haar persoonlike veearts, Madame Horn.

Sedert hul ontmoeting reis Choupette onder die arm van Karl Lagerveld die wêreld oor. Sy het selfs haar eie Twitter- en Instagram-profiel met meer as 50 000 volgelinge.

Kyk hiér na ’n kortfilm oor Coco Chanel