kylie3
Het jy gehoor?

Modebewuste geur

“Ek het die naam gekies omdat couture die hart en siel van mode is,” sê dié sangeres wat ook bewonder word vir haar eie unieke styl.

Haar nuwe blomme-en-muskus-geur (R270 vir 30 ml EDT) spog met interessante note soos kersie, suurlemoen, ilang-ilang en jasmyn.

“Soos meeste vroue is ek passievol oor mode en styl, of dit nou rooitapyt-glans is of elke-dag-sjiek,” sê sy.