FOTO: Leana Clunies-Ross

Het jy gehoor?

Model en gewese Mej. SA Claudia Henkel deel skoonheidswenke

Claudia deel haar skoonheidsgeheime …

“Moenie te veel onderlaag gebruik nie – dit gee jou vel kans om te gloei,” sê Claudia.

“My geheime wapen is Prevage MD (R870, by apteke). Dit gee jou vel ‘n somergloed, het teenverouderingsvoordele en bevog. Ek is ook mal oor TLC Facial & Eye Daily Cleansing Make-up Remover Wipes (R29,99). Dit verwyder grimering maklik en vinnig.”

Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder van Estée Lauder, deel 3 van haar jonkbly-geheime:

1. Skilfer af: Droë lippe kan jare by jou voorkoms voeg, so sorg dat jy een keer ‘n week jou lippe afskilfer. Hidreer hulle daarna met ‘n lipsalf – dit sal hulle voller laat lyk.

2. Verbloem: As die hoekies van jou mond afwaarts wys, kan jy ‘n “glimlag op jou gesig sit” met verbloemer om die hoekies. Dit sal die skaduwees versteek en die afwaartse hoekies minder sigbaar maak.

3. Herdefinieer: Gee definisie aan jou beenstruktuur met ‘n bietjie verbronser op jou wangbene en nog ‘n tikkie vanaf die binnehoekies van jou oë, gevee na die brug van jou neus.