FOTO: Instagram (@perkonnyc)

FOTO: Instagram (@perkonnyc)

Het jy gehoor?

Modelle verskyn sonder grimering op loopplank

Die mode- en skoonheidshuis Marc Jacobs het tydens vanjaar se New York Modeweek die “geen grimering”-tendens na sy uiterste gevat toe modelle tydens dié bekende ontwerper se modevertoning sonder enige grimering op die loopplank verskyn het. Nie eens ’n tikkie onderlaag of lipglans nie!

Die natuurlike skoonheidsvoorkoms is vanjaar ’n gróót tendens en tydens dié gewilde modeweek het modehuise soos Marc Jabobs, Michael Kors en Calvin Klein veral gefokus op die gebruik van so min moontlik produkte om ’n minimale en natuurlike grimeervoorkoms te skep.

“In die 60’s, 50’s en 40’s moes vroue grimering dra. Dit was ’n reël. Vandag is daar nie meer reëls nie: Jy kan doen net wat jy wil,” het François Nars, stigter van NARS Cosmetics aan www.elle.com gesê.

Probeer dié neon-kleure vir jou naels en lippe

Buiten die natuurlike voorkoms het die modeweke in New York en Londen verskeie gewaagde en interessante skoonheidsvoorkomste opgelewer, soos onder meer pastelkleurige wenkbroue, gesig-tatoeëermerke en selfs nagemaakte sweetdruppels!

Hiér is ’n paar van die interessante skoonheidsvoorkomste op die loopplank tydens die New York-modeweek:

Pastelkleurige wenkbrou by Badgley Mishchka se vertoning. FOTO: Instagram (@blakebirdllc)

Pastelkleurige wenkbrou by Badgley Mischka se vertoning. FOTO: Instagram (@blakebirdllc)

Somer-skoonheidstendense om na uit te sien – lees hiér!

Rodarte het modelle se wenkbrou getooi met vals oorbelle. FOTO: Instagram (@officialrodarte)

Rodarte het modelle se wenkbrou getooi met vals oorbelle. FOTO: Instagram (@officialrodarte)

Rowwe neon oranje strepe onder modelle se oë deur ontwerper Peter Som. FOTO: Instagram (@petersom)

Rowwe neon-oranje strepe onder modelle se oë deur ontwerper Peter Som. FOTO: Instagram (@petersom)

Interessante rokke by vanjaar se Grammy-toekennings