Het jy gehoor?

Modieuse verpakking vir Body Shop

‘n Duitse voorgraadse student in mode-illustrasie, Katarina Voloder (21), se ontwerpe van grimeersketse van ‘n oog en grimeerborsel het met die louere weggeloop.

Kyk uit vir haar ontwerpe op The Body Shop Limited Collection For Eyes in À La Mode (R205), The Body Shop Limited Tailored Cheek Tint in Hot Pink (R95), The Body Shop Limited Illuminating Face Base in Apricot Glow (R185) en die The Body Shop Limited Hi-Shine Lip Treatment in Pink Cream (R85) wat in April beskikbaar sal wees.

Die produkte word nie op diere getoets nie en ondersteun volhoubare ontwikkeling.