FOTO: Instagram (@theouai)

Het jy gehoor?

Móét-sien: Nuwe, maklike tegniek vir golwende hare

Hare met sagte golwe is al ’n paar seisoene hoogmode. Ons het ’n nuwe haartegniek ontdek wat dit makliker as ooit tevore maak om dié sorgvrye voorkoms te kry. Al wat jy nodig het, is ’n haaryster en ’n soutsproei …

Die Amerikaanse haarstileerder Jen Atkin, wat Hollywood-bekendes soos Kim Kardashian, Kendall Jenner en Lily Collins se hare stileer, het dié video op haar haarprodukreeks, Ouai, se YouTube-kanaal gedeel.

In die video demonstreer ’n model hoe jy in minder as 10 minute subtiele golwe in jou hare kan skep deur bloot klein seksies van jou hare om jou vingers te draai en dan met ’n haaryster die gedraaide seksies van bo na onder te set. Daarna krap jy jou hare net effens deurmekaar vir ’n ingeleefde voorkoms. Só maklik!

Ons is mal oor die sagte, ingeleefde golwe wat jy met die tegniek kan skep. Dis vinniger as die meeste ander haarkrultegnieke en is perfek as jy ’n bob- of lob-haarsnit het.

Wenk: Wend voor en nadat jy jou hare golf, ’n soutsproei op jou hare aan. Dit maak dit makliker om jou hare te draai, skep tekstuur en laat jou golwe langer hou.

When you do things our OUAI, this sh*t is easy! <#Regram @ivanklaic1>

A post shared by OUAI Haircare (@theouai) on

Ons kan nie wag om dié slim tegniek uit te probeer nie!

Lees nou

Die grootste grimeerfout wat ouer vroue maak …

Stap vir stap: Sansa Stark se vlegsel-haarstyl