Het jy gehoor?

Mooi met minerale

Minerale word nou gebruik in blossers, verbronsers en poeiers om jou gelaat te laat gloei.

Aangesien hierdie pigmente relatief groot is, verstop dit nie jou porieë of laat jou vel uitdroog nie. Boonop sorg minerale soos silika en mika dat lig weg van jou vel weerkaats word om jou ʼn natuurlike, helder voorkoms te gee.

Elizabeth Arden vier hierdie neiging met hul Pure Finish Mineral Powder Foundation SPF 20 in Soft Sunbeige (R230), waarvan Catherine Zeta-Jones die gesig is.

Skielik is dit maklik om heeldag lank ‘n foutlose gelaat te hê!