platinumpackshot1
Het jy gehoor?

ʼn Gesigroom met platinum!

La Prairie Cellular Cream Platinum Rare is teen R10 400 iets waaroor die meeste van ons net kan droom, maar die resultate is blykbaar die prys werd. Dié room bevat negatief gelaaide platinumstukkies wat jou vel met elektrone “voed” en só help dat jou vel die regte elektriese balans handhaaf – glo vrééslik belangrik! La Prairie se wetenskaplikes het ook gevind dat platinum, wat met ons vel kan bind, onvergelykbare teenverouderingselemente bevat. Besoek www.laprairie.com.